Ons Skoolhoof

Woensdag, 8 Februarie 2012

Ons Skoolhoof     Personeel     Leiers en Leerlingraad


  Boodskap van Mnr Rico Ludick

As 4de amptelike hoof van Laerskool Queenswood hoop ek dat ons Skepper my die krag en genade sal gee om Laerskool Queenswood na die beste van my vermoë te bestuur. Dankie ook aan die Beheerliggaam wat die vertroue in my gestel het. Ek is in die kinderbedryf en dit is my passie. Ek hoop die tydjie wat u, u kind of kinders aan ons toevertrou, ʼn onvergeetlike tyd in hulle lewens sal wees. Gelukkige, sprankelende kinders is vir ons prioriteit.

Effektiewe, toekomsgerigte onderwys is vir my van kardinale belang. Om toegeruste leerders na die hoërskole te stuur, beslis, maar die heel belangrikste - om kinders vir Jesus te wen. Queenswood vir Jesus!