Klein Q's

Woensdag, 8 Februarie 2012

Klein Q's

Laerskool Queenswood is baie trots op ons pre-primêre fase wat die skool se kweekgrond vir nuwe leerders is.

 
 
Graad R funksioneer afsonderlik van die Primêre skool. Daar sal wel sekere aktiwiteite wees waaraan ons sal deelneem en inskakel soos byvoorbeeld die huissport, bulletjie-rugby, bokkie-netbal en mini-krieket.

Toelatingsvereiste:

  • Kinders wat 4jr is en die betrokke jaar 5jr sal word;
  • Kinders wat 5jr is en 6jr word in die jaar; en
  • Kinders wat 7jr word en vrystelling het van skoolbesoek met nodige dokumente