Revue

Woensdag, 8 Februarie 2012

Revue 2010

Die revue groep het geoefen gedurende die vakansie. Hulle het ook pret gehad, die eendag was daar ‘n filmvertoning vir hulle in die saal gehou, en op ‘n ander dag het hulle ‘n uitstappie na die Spur gehad.


Die revuegroep bestaan tans uit 65 lede

Ons is baie opgewonde oor die revue hierdie jaar en weet 2010 gaan vir ons tonne pret inhou.

Ons oefentye is Maandae en Woensdae van 14:00 – 15:30 in die skoolsaal.

Die afrigters is Mej D Willemse met die hulp van Mej L Labuschagne (student).

Ons optredes vir 2010:

  • 5 Augustus - Eduplex
  • 27 Augustus - Boerefort kultuurfees
  • 25 Augustus - Foyer fees
  • 23 Augustus - Tshwane Youth Arts Festival
  • 28 Augustus - Conspirito fees
  • 17 tot 19 Augustus - Koffiehuiskonsert

Ons sien baie uit daarna en u sal op hoogte gehou word, indien enige veranderinge sal u in kennis gestel word.