Voortrekkers

Woensdag, 8 Februarie 2012

Queenswood Kommando
Kontakbesonderhede
Kommandoleier:Fred Laubscher082 373 3924
Adjunk kommandleier administrasie:Retha Steenkamp083 376 8358
Adjunk kommandoleier bemarking:Adriaan Bester083 679 5373

Voortrekkers Jaarprogram 2010


Voortrekkers gaan oor JONG MENSE, om Afrikanerskap, Burgerskap en Christenskap te bevorder terwyl ons ook onsself gate uit geniet!

Kom kamp saam gedurende daardie laaang vervelige vakansies. Kampe is in die bosveld, by die Vaaldam en selfs ook by die SEE.

Ervaar alles en nog wat, van Sterrekunde en Spoorsny tot Beeldende Kunste en Veld Kook.

Beleef die Voortrekker lewe, bring jou maats saam en maak nuwe maats reg oor die land.

O ja, grootmense is ook baie welkom.
(Solank hulle jonk van gees is)

Byeenkomste vir laerskool kinders vind plaas Maandae van 17h00 tot 18h00 by Laerskool Queenswood skoolgronde - Puxleylaan ingang. Ledegeld R400 per jaar.

Spanne bestaan uit kinders van dieselfde ouderdom/graad.

Kom geniet dit en sien vir jouself -
die Vootrekkers is diƩ plek om te wees!