- DOEL
- Die sentrum is gestig met die oog op dienslewering aan die gemeenskap.
- Dit moet as ‘n tuiste vir die werkende ouerpaar/enkelouer se kind na skoolure dien.
- BEHEER
- Die hoof van die naskool rapporteer aan die skoolhoof. Die oorkoepelende beheer berus by die Beheerliggaam van die skool.
- PERSONEEL
- Die personeel bestaan uit die naskoolhoof, drie ander dames, ‘n assistent en ‘n sentrumhulp.
- STANDPLAAS
- Die sentrum word op die skoolterrein bedryf.
- Dit beskik oor ‘n eie lokaal.
- Die lokaal is prakties en is met ‘n verskeidenheid fasiliteite toegerus.
- SENTRUMTYE
- Die sentrum open direk na skool en sluit om 17:30.
- Die personeel bly aan diens tot 17:30.
- Gedurende die vakansie is die sentrum vanaf 6:30 tot 17:30 in bedryf.
- Desembermaand sluit die sentrum een week na die skool om 17:15. Die prinsipaal het die diskresie om dit vroeër te sluit.
- Januariemaand open die sentrum saam met die skool.
- TARIEWE
- Naskoolgelde word deur die beheerliggaam vasgestel en jaarliks in Oktober/November aangepas.
- Naskoolgelde is ten volle betaalbaar vanaf Januarie tot November, ongeag vakansies.
- Naskoolgelde is vooruitbetaalbaar voor die 7de van elke maand.
- Indien ‘n leerder die naskool nie meer gaan bywoon nie, moet een kalendermaand vooruit skriftelik kennis gegee word.
- Vakansiegelde sal voor elke vakansie deurgegee word.
- Desembermaand betaal leerders R20.00 per dag per leerder tot en met die sluiting van die skool, daarna word gewone vakansiefooie gehef.
- Alle tariewe is onderhewig aan verandering.
- Die naskool word finansieël onafhanklik bedryf en is uitsluitlik van die naskoolgeld afhanklik.
- SENTRUMLEDE
- Leerders vanaf graad 1 tot graad 7 mag ingeskryf word. Dagleerders is ook welkom teen R30.00 per leerder per middag. Hierdie bedrag is onderhewig aan verhoging.
- Vrydag mag maats saamkom, indien hulle R30.00 vir die middag saambring.
- REGISTER
- ‘n Presensie van daaglikse bywoning word gehou.
- Kennis van afwesigheid moet gegee word en wel per brief indien moontlik.
- Bywoning van sportaktiwiteite word deurlopend met toesighoudende personeel gereël.
- Sportaktiwiteite word aangeteken.
- Leerders wat uitgenooi word na partytjies, ens. moet asseblief ‘n brief saambring.
- DIENSTE
- ‘n Ligte maaltyd word direk na skool aangebied.
- Die spyskaart is in die kombuis beskikbaar.
- Die voorbereiding van die maaltyd wat vooraf beplan is, word deur die naskoolhoof en sentrumhulp gedoen.
- Studietyd 14:30 – 17:30 geskied onder die 5 personeellede se persoonlike toesig en hulp. Geen speletjies word dan gespeel nie. Bring asseblief ‘n boek saam om te lees, indien geen huiswerk nie.
- Tydens die studietyd word graad 1 – 3 en graad 4 – 7 in verskillende lokale vir studie geplaas. Alle kinders word verplig tot studietyd.
- Leerders wie se huiswerk klaar gedoen en gesien is, mag gaan speel.
- Die finale kontrolering en ondertekening van die huiswerk bly steeds die ouer se verantwoordelikheid.
- Naskoolaktiwiteite kan normaalweg by die skool beoefen word (punt 8).
- Sodra u kennis dra van u kind se aktwiteite moet u ons skriftelik laat weet, sodat hier ook goeie kontrole gehou word. Alle kinders moet by die betrokke naskoolpersoneel rapporteer sodra hulle terug is van ‘n aktiwiteit.
- Tydens skoolsport by ander skole kan u kind gou kom eet (spesiale reëlings word getref).
- Na studie word ‘n vrug of versnapering bedien.
- Na studie kan kinders hulle besig hou met boublokke, teken, legkaarte, balspeel, ens.
- Personeel aanvaar geen verantwoordelikheid vir verlore of gebreekte eiendom nie.
- Vir noodgevalle kan ouers na die naskool skakel.Tel: 012-333 0255.
- Selfoon: 072 225 8321.
- Dit is raadsaam om u kind van sy eie telefoonkaart te voorsien.
- Selfone moet tydens studietyd afgeskakel wees.
- DISSIPLINE
- Leerders wat hulle skuldig maak aan herhaaldelike wangedrag se ouers sal dienooreenkomstig ingelig word en die gevaar loop om die gerief van die sentrum ontneem te word. Dieselfde dissipliinemaatreels van die skool geld ook by die naskool.
- DONASIES
- Aangesien die sentrum op ‘n nie-winsgewende basis tot voordeel van ons leerders bedryf word sal donasies in die vorm van kontant, vrugte, lekkernye en tweedehandse speelgoed, boeke en speletjies hoog op prys gestel word.
- AKTIWITEITE GEDURENDE DIE MIDDAG.
Die middagprogram sien soos volg daaruit:- 12:45 – 13:30 Meld aan by naskool, ons leerders eet en mag met geen ander aktiwiteit begin alvorens hy/sy nie geëet het nie.
- 14:30 – 15:30 studie vind plaas in vyf verskillende lokale waar stilte gehandhaaf word. Die betrokke personeellid verleen hulp waar nodig. Indien ‘n leerder ander aktiwiteite gedurende studietyd het, is die onus op hom/haar om die huiswerk aft e handel.
- 15:30 – 16:45 Ekstra studietyd vir die wat dit benodig.
- 15:30 – 16:00 Versnaperinge word aan die leerders uitgedeel. Die leerders speel hierna in ‘n bepaalde terrein wat duidelik aan hulle uitgespel is. Dit is in hierdie bepaalde gebied waar die ouers hulle kinders kom afhaal. Problem ontstaan wanneer leerders nie in hierdie areas is nie en gesoek moet word. Dit maak dit vir u en vir ons baie moeilik. Wys asseblief vir u kind(ers) die belangrikheid van hierdie prosedure.
- Veiligheid van ons leerders is van die grootste belang. Daarom moet u as ouers, wanneer u kind(ers) kom afhaal, vir hulle op die naamlys afteken. Laat u kind die dame aan diens groet want alleen dan is ons bewus daarvan dat hy/sy die terrein verlaat. Na 17:30 sal personeel geen verantwoordelikheid vir leerders wat nog hier is, aanvaar nie. Ingeval van nood moet personeel voor 17:00 geskakel word. Geen leerder sal toegelaat word om vir sy ouers buite te wag nie. Indien ‘n ouer ‘n spesiale afhaalreeling wil tref, moet die personeel gebel word – nie die leerder se selfoon nie. U kan ons skakel by tel. 012 333 0255 of sms na 072 225 8321.
- SPYSKAART
-
Dit is vir u belangrik om te weet wat u kind(ers) in die middae by die Nasorgsentrum eet. Daarom verskaf ek met plesier ‘n spyskaart. (Voorbeeld):
Week 1:
Dag 1: Vetkoek en maalvleis, koeldrank
Dag 2: Worsbroodjies met tamatiesous, koeldrank
Dag 3: Maalvleis en spaghetti, koeldrank
Dag 4: Geroosterde kaasbroodjies, koeldrank
Dag 5: Ham toebroodjies, koeldrank
Week 2:
Dag 1: Macaroni en kaas, koeldrank
Dag 2: Vleisrolletjies, koeldrank
Dag 3: Lasagne, koeldrank
Dag 4: Hamburger, koeldrank
Dag 5: Vetkoek, konfyt en kaas, koeldrank
-
Dit is vir u belangrik om te weet wat u kind(ers) in die middae by die Nasorgsentrum eet. Daarom verskaf ek met plesier ‘n spyskaart. (Voorbeeld):
Ons vertrou dat bogenoemde inligting vir u van nut is en dat dit u gerusstel omtrent u kinders. Skakel my asseblief indien daar onduidelikheid is.
Baie dankie vir u samewerking.
Enige vrae of meer inligting, kontak Reneé de Wet by (012) 333 0255/52
