
Kirkbystraat 1251, Queenswood, 0186, Pretoria
Van groot tot klein is welkom by Laerskool Queenswood.
- Agtergrond:
- 410 Leerders
- 17 Onderwyspersoneel
- 4 Onderwysassistente
- 3 Kleuterskoolpersoneel
- 1 Terreinbestuurder
- 3 Administratiewe personeel
- 6 Algemene assistente
- 5 Naskoolpersoneel
- Missie & Visie:
- Laerskool Queenswood se missie is om uitnemende, voortreflike en relevante opvoedende onderwys aan al sy leerders te bied.
- Ons visie is om deur uitnemende opvoeding en onderwys ‘n milleu te skep waarin elke kind gelukkig en ooreenkomstig sy/haar potensiaal kan ontwikkel.
- Doelstellings van die skool:
- Die handhawing, beskerming en bevordering van waardes en geloofsvryheid van die individu;
- Onderrig deur medium in Afrikaans;
- Die handhawing van hoë onderrig- en akademiese standaarde;
- Die opvoeding van leerders tot verantwoordelike burgerskap;
- Die aanbied van ‘n verskeidenheid buitekurrikulêre aktiwiteite;
- Die identifisering en ontwikkeling van leerders se leierskapsvaardighede;
- Die uitbouing en beskerming van die karakter en etos van die skool en die leuse, naamlik: “Glo en Oorwin”;
- Die ontwikkeling van die volle potensiaal en vaardighede van alle lede van die onderwyspersoneel op alle terreine van hulle beroep;
- Die handhawing en uitbouing van ‘n gesonde vennootskap tussen ouer, onderwyser en onderwysowerheid en die erkenning en aanmoediging van ouerinspraak;
- Die vestiging van ‘n kommunikasiestruktuur tussen ouers en ander belanghebbendes;
- Die bevordering van ‘n gesonde gesin as basis vir ‘n gesonde gemeenskap;
- Die vestiging van voldoende finansiële bronne ten einde doelwitte te verwesenlik.