Addisionele Sport

Woensdag, 8 Februarie 2012

Netanya Robberts het aan die Gauteng Noord Gimnastiekkampioenskappe deelgeneem en 'n algehele derder plek behaal. Sy is verkies om op 24-25 Julie in Bloemfontein aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe deel te neem.

Suelize Muller het ook gekwalifiseer om Gauteng Noord te gaan verteenwoordig by die Suid-Afrikaanse gimnastiekkampioenskappe te Bloemfontein gedurende 24-25 Julie.

Charmaine Pretorius het die naweek van 27 Mei 2011 haar Noord-Gauteng gimnastiek klere verwerf. Sy neem 24/25 Junie 2011 in Bloemfontein deel.

Megan Watson verwerf haar Gauteng-Noord klere in 0/13 Hokkie. Sy gaan ook 26-30 Junie in Pietersburg deelneem waar provinsiale spanne teen mekaar gaan meeding.

Megan het die naweek op haar perd Maxtin ‘n uithourit van 30km voltooi en gaan nou met haar 60 en 80km ritte begin.

Monique Driescher ontvang by die Gauteng-Noord kampioenskappe vir gimnastiek ‘n 3de plek.

Andrea Erwee: Haal die 0/13 B Gauteng Noord Ringbal span en verwerf ‘n goue medalje by die byeenkoms.


Nicole Kets: Spring skoon rondtes met die 50cm en 60cm Springskou gehou die naweek van 21 Mei.


Karate: Matthew Lizamore het by die Pieter Viljoen Karate Toernooi 'n silwer medalje verower in Kata.


Karate: Ruan Lambert het by Gauteng Noord alle style karate goud verower in Kata en by die Pieter Viljoen Karate toernooi het hy twee goue medaljes verower.


Perdry: Ilke Roux en Ancois Delport het deelgeneem aan 'n skole perdry toernooi. Ilke het twee eerste plekke verwerf onderskeidelik in ruiterskuns en 2 fase spring. Ancois het 'n 18de plek in dressage gekry.


Karate

Karate word by ons skool aangebied.

Dans

Baie geluk aan Ayanda, wie die naweek 2 goue medaljes verwerf het vir haar "Hip-Hop" danse by 'n kompetisie waaraan sy deelgeneem het teen oor die 300 deelnemers. Dit is voorwaar 'n prestasie!!

Gedurende die week word dansklasse as ‘n buitemuurse aktwiteit aangebied by ons skool deur:

  • Marilyn Gush - Studio of Dancing
  • Ballet, Tap, Moderne dans, Hip hop, Latin American / Ballroom Christelike danse ens.
  • Beginners is ook welkom.
  • Klasse word in Afrikaans en Engels aangebied.

Vir meer inligting kontak Marilyn Gush: 012 548-2521 / 083 218-3934