Atletiek

Woensdag, 8 Februarie 2012

 
Ruben Els het by die afgelope Suid-Afrikaanse Kampioenskappe eerste gekom in die 100m vir seuns 11 jaar oud. Hy was 4de in die 80m en sy aflosspan het ook eerste gekom. Ons is baie trots op hierdie seun.



Die volgende leerders het die toekennings gekry vir die beste atletiek prestasies tydens Laerskool Queenswood se huissport, Januarie 2011.
Vlnr: Dewaldt vd Merwe (Spronge);
Edmund Ludick (Spronge, langafstande en veelsydigste seunsatleet);
Cazandra Botha (Spronge);
Ruben Els (Worpe, Naellope en Victor Ludorum);
Marelize Steyn (Worpe);
Nicole Jv Rensburg (Naellope;Langafstande; Victrix Ludorum en veelsydigste dogtersatleet)


Baie geluk aan die volgende atlete wat Distrikspan gehaal het:
Voor v.l.n.r: Dewald de Klerk en Lucille du Plessis
Agter v.l.n.r: Ruben Els, Marelize Steyn en Hesmarie van Wyk
Hulle neem 5 en 6 Maart deel aan die Gauteng Kampioenskappe. Baie sterkte!


Agter: Dewald de Klerk, Jonelda Joubert, Edmund Ludick, Marelize Steyn, Ruben Els, Hesmari van Wyk, Lourens Matthysen.
Middel: Armin Jordaan, Reinier Vos, Wp Struweg, Righard Burger
Voor: Lucille du Plessis, Kayleigh Slement

Queenswood Laerskool verower 20 medaljes tydens die afgelope Clusterbyeenkoms by Montana Hoƫrskool. Uit die 10 skole wat deelgeneem het, het Queenswood vierde geƫindig.


Dewald de Klerk: 2010 SA kampioen vir seuns 11 jaar in die 80m