Krieket

Woensdag, 8 Februarie 2012

Krieketprogram vir die derde Kwartaal 2010 (pdf)


Die krieket seisoen is verby en die Onder 11/A span het wragties die beste vir laaste gelos! Die seuns het eerste gekolf en 53 lopies aangeteken. Pretoria-Oos het toe die kolf opgeneem en die paaltjies het die een na die ander geval. Die veldwerk was puik en die seuns het mekaar gedurig aangespoor, en kort voor lank was die ander span almal in die pawiljoen vir slegs 21 lopies! Voorwaar ‘n puik vertoning! Geluk seuns, julle maak ons trots!

Kyk net hoe bly is die manne! Hulle het hierdie wedstryd opgedra aan Johan Harmse wat skielik oorlede is verlede week.

Hier is Robin Heyman wat 5 paaltjies geneem het. Hy het amper ‘n drie-kuns behaal. Mooi so seun!


Dinsdag 11 Augustus was ‘n groot dag vir die Qiewet onder 11 A Krieketspan. Hulle het teen Mamelodi se outjies gespeel en alhoewel dit sukkel-sukkel gegaan het met die boulery en veldwerk, het ons seuns met die kolf geskitter! Die wedstryd is laat gistermiddag voltooi toe ons mannetjies op spannende wyse met ‘n paar beurte oor, die wenlopies geslaan het. Ons het die wedstryd met 3 paaltjies gewen. Puik julle seuns! Julle moet net bietjie harder werk aan die veldwerk en boulaanval!

Hier is die seuns wat se vreugde groot was na die oorwinning!


 
Baie geluk aan: Seuns O/13 & Seuns O/11 wen teen Mamelodi
(Dinsdag - 26/08/2008)

Krieket Akademie

Francois Buys - 083 556 6936

Hier is 'n puik geleentheid vir u seuns om betrokke te wees by 'n Akademie vir Krieket.

Krieketontwikkeling op 'n vroeë ouderdom is baie belangrik, dus wil ons soveel moontlik van ons jong mannetjies betrek by die akademie.

Ons doel: Om die seuns bekend te maak met al die basiese vaardighede en etiket van die spel. Al drie dissiplines naamlik kolfwerk, boulwerk en veldwerk word intensief hanteer. Ons werk ook aan leierskap vir toekomstige kapteine.

Getalle: Daar sal 10 seuns per sessie ingedeel word. Seuns oefen een keer per week, m.a.w. daar kan slegs 'n beperkte hoeveelheid seuns geakkommodeer word. Die seuns wat eerste registreer sal deel wees van die akademie.

Kostes: Registrasie = R50 per seun & R130 per seun per maand.

Individuele afrigting: Die Akademie bied die seuns ook die geleentheid om reg deur die jaar individuele afrigting te ontvang. Hier kry die afrigters kans om meer aandag aan die seun te spandeer.