Sagtebal

Woensdag, 8 Februarie 2012

Izaan van Zyl s gekies vir die Gauteng Noord sagtebal oefengroep


Laerskool Queenswood is ons trots!

Laerskool Queenswood se o/11B sagtebal span het die jaar almal verbaas. Hulle het koning gekraai by die Tshwane liga finaal. Die dogters het sommer baie ver gewen met ‘n telling van 13 – 5. Hulle het waarlik vir almal gewys wat in hulle steek. Die span is die eerste van Laerskool Queenswood wat nog ooit so ver gekom het met sagtebal. Ons wil die dogters baie geluk wens met hul goeie oorwining. Baie dankie aan ons hoof, Mnr. Ludick en ouers wat ons so trots ondersteun het. Ons sien nog ‘n blink toekoms vir die jong span.

Agter: Juf. T. Grobler, Juf. L. Pienaar , Juf L. Labuschagne.
Middel: Chané Pretorius, Elize Maitland, Somaré Herbst, Rüdé Ruddick, Bianca Klopper, Hesmari van Wyk.
Voor: Cari Laubscher, Nicole Kets, Kayla Coetzer, Minze Saayman.


Laerskool Queenswood Sagtebal

laasweek Saterdag het ons Queenswood meisies die sagtebal wêreld sommer aan die brand gespeel. Die onder-13 span het fantasties gespeel en hul eerste wedstryd gelykop gespeel met 9 elk en die tweede wedstryd naelskraap met 5-4 verloor.

Dit was regtig lekker om te sien hoe die meisies as ‘n span saam speel en die punte optel. Met harde oefening en sulke goeie gees soos wat hulle gewys het verlede Saterdag, kan dit nog baie beter gaan en sal hulle gewis wenners wees!

Hier is ‘n paar fotos.


Oefentye:

  • Dinsdae : 13:45 – 15:00
  • Donderdae: 13:45 – 15:00 (28 Julie begin wedstryde op Donderdae)