Skaak

Woensdag, 8 Februarie 2012


Skaak word op skoolvlak sterk bevorder deur die SA Skaakfederasie en ook die SA Skaakassosiasie en daar is jaarliks individuele sowel as spantoernooi op provinsiale vlak. Skaak vereis 'n besondere soort denke en kinders is veral lief om te eksperimenteer ongeag gevolge. Begaafde kinders moet aangemoedig word om verdere lektuur oor die spel aan te skaf.

Skaak by Laerskool Queenswood:

  • Skaakspelers neem deel aan die skaakliga wat gewoonlik in die tweede kwartaal plaasvind.
  • Daar is 'n 0/9, 0/11 en 0/13 span. Die span bestaan uit 6 spelers.
  • Bord 1 is die sterkste spelers in die span.
  • Skaakspelers bepaal hulle sterkte deur mekaar te daag voor die seisoen begin.
  • Skaakoefening is op Maandae en Woensdae vanaf 13:30-14:30.
  • Gedurende die derde kwartaal vind 'n interne skaaktoernooi plaas. Skaakbeginners kry dan die geleentheid om te leer en vaardig te word.

Ons nooi graag alle leerders wat belangstel om deel te word van die skaakspan.