24 Feb 2011:
Shani le Roux en Izaan van Zyl in aksie teen Laerskool Schweisse Renecke in hulle dubbels wedstryd. Die twee het ongelukkig in die valbylpot verloor.
Izaan van Zyl was die enigste dogter onoorwonne in al 5 haar enkels wedstryde in ons groep. Baie geluk, ons is baie trots op haar! Die dogters het vanaand hulle laaste wedstryd teen Laerskool Pretoria-Oos gespeel vir die toernooi. Hulle het op 'n hoogtepunt afgesluit deur die wedstryd te wen!
Marli Nagel speel haar hart uit in haar enkels wedstryd teen L/s Schweisse Renecke.
Matthew Lizamore doen sy bes teen Laerskool Pietersburg-Oos in sy dubbels wedstryd.
23 Feb 2011:
Reen het vanoggend spel gestop vir 3,5 ure wat beteken het dat ons 'n bietjie tyd op hande gehad het. Hier is die dogters span by Magic Company.
Ons seuns het 'n draai by Steers gaan maak om energie te kry vir hulle wedstryde later.
Dewaldt van der Merwe en Leonard Kets in hulle dubbels wedstryd teen Pietersburg-Oos
Emma van Dyk speel dubbels teen Pietersburg-Oos.
22 Feb 2011:
Chene Potgieter het terug gekom van 5-0 agter en haar eerste stel gewen 6-7. Die tweede stel het sy verloor en op die ou einde na 'n geswoeg en sweet van 2 ure 20 minute het sy ongelukkig in die valbylpot verloor. Haar veg gees was voorwaar 'n inspirasie vir die ander spelers.
Izaan van Zyl is sover na 3 wedstryde onoorwonne in haar enkelspel!
Edmund Ludick en Handre Grobler het hulle dubbels net-net verloor in die valbylpot.
21 Feb 2011:
In 'n naelbyt wedstryd van 2 ure het Izaan van Zyl en Emma van Dyk hulle dubbels wedstryd gewen teen Laerskool Menlopark.
Na 'n lang en warm dag van tennis speel, kon die twee Eerste Spanne nie vir 'n beter plek vra om aan 'n toernooi deel te neem as Sun City nie.
Tien van Laerskool Queenswood se leerders het vanoggend 21 Februarie vertrek na Sun City waar hulle gaan deelneem aan ‘n jaarlikse toernooi vir laerskole.