Sport

Woensdag, 8 Februarie 2012

Atletiek    Rugby    Netbal    Mini-Sport    Krieket    Tennis    Sagtebal    Skaak    Addisionele Sport    Landloop


Megan Watson is aangewys as speler van die jaar 2011 vir Pretoria Junior Hokkieklub. Megan was 7 jaar ‘n lid van hierdie klub. Die 0/13 A span waarvan sy die kaptein was het 2de geindig in die liga.

Danté Liebenberg: Verwerf 2 brons medaljes tydens die afgelope Goju Ryu Karate Kampioenskappe.

Febé Wessels: Verwerf 1 silwer en 1 goue medalje tydens die afgelope Goju Ryu Karate Kampioenskappe.

Ruan Lambert: Verwerf 2 goue medaljes tydens die Goju Ryu Karate Kampioenskappe.


 Perderuiter:

Celest Weiss neem deel aan die Gauteng-Noord Inter-streek perde skou en verower ‘n 3de plek in “vaulting”. Gauteng- Noord word ook hier as die wenners aangewys bo Limpopo, Gauteng-Sentraal en Gauteng-Wes.

JF van Dyk, Gauteng Noord Judo 2011
Deelgeneem aan SA’s in Kaapstad 26 Junie 2011.
Ander Queenswood spanmaats: Barend en Reinier Vos

Megan Watson het die naweek vir die Northen Blues hokkiespan uitgedraf en haar span het ‘n algehele 3de plek verwerf.

 Perderuiters:

Ilke Roux, Megan Watson en Ancois Delport het die naweek van die 30 April 2011 aan ‘n dresseer, “working riding” en skouspring-klasse deelgeneem en hul puik van hul taak gekwyt. Ilke met ‘n tweede en derde plek by die skouspring.

Uithourit:

Megan Watson het deelgeneem aan ‘n uithourit by Leandra en het 81.3km voltooi in ‘n tyd van 5 uur 10 min.

Uithourit:

Megan Watson het die naweek van die 30ste April aan ‘n uithou rit by Loskopdam deelgeneem. Sy het 40 km in 2 ure en 49 minute afgelê. ‘n Persoonlike beste vir haar en Fanmar Maxtin.

Megan Watson – Gauteng-Noord Hokkie 0/12 span
Gauteng-Noord akrobaat – Rebecca van Heerden

Jonathan Britz wen ‘n silver medalje in Kumite en ‘n brons medalje in Kata teen Namibië en Zimbabwe.

Hierby terugvoer van Jonathan Britz se karate kampioenskappe van 5 September 2009. Hy het Suid-Afrika verteenwoordig in ‘n driehoekige byeenkoms teen Namibie en Mosambiek in Potchefstroom by die 14de Internasionale Shotokan Ontwikkelings kampieonskappe. Jonathan het ‘n Goud vir Kata en ‘n Silwer vir Kumite verwerf. Wat dit meer spesiaal maak is dat hy teen deelnemers wat 2 en 3 jaar ouer as hy is deelgeneem het.

Jonathan Britz is gekies as lid van die Karate Academy of South Africa National Team. Hy gaan die Karate Academy verteenwoordig in Portugal in 2010. Ons is voorwaar trots op hom.


Netanya Robberts van Graad 1 het in die afgelope jaar aan vyf gimnastiek kampioenskappe deel geneem. Tydens die eerste byeenkoms het sy ‘n gemiddeld van 8.7 vir al die apparate behaal en is op grond daarvan vir die Tuks-span gekies. Netanya het die volgende week die Centurion Gimnastiek Klub uitnodigingsbyeenkoms gewen met ‘n gemiddeld van 8.75. Sy het tweede gekom tydens die Tshwane School of Gymnastics uitnodigings byeenkoms met ‘n gemiddeld van 8.8. Netanya het vierde gekom tydens die Noord-Gauteng kampioenskappe en is vir die Noord-Gauteng span gekies. Onlangs het sy aan die Gauteng kampioenskappe deelgeneem en ‘n eerste plek op die sprong behaal met ‘n punt van 9.3 en ‘n tweede plek op die vloer met ‘n punt van 9.35. Haar algehele gemiddeld vir al haar apparate was 8.9. Laerskool Queenswood is baie trots op ons klein Q’wiet.


!!! Q'wiete steeds bo !!!

Laerskool Queenswood skep GELEENTHEDE vir AL sy leerders om deel te wees van die SPAN. Hierdie "spanwees" dra jaarliks daartoe by dat ons uitstaande prestasies op alle terreine lewer, omdat ons leerders VIR MEKAAR presteer!


Jan van der Merwe en Marike de Wet is onderskeidelik gekies as die veelsydigste atlete, dogters en seuns.

2009: Jan van der Merwe en Marike de Wet is onderskeidelik gekies as die veelsydigste atlete, dogters en seuns.

Hierdie atlete van Laerskool Queenswood het trofees ontvang vir die beste atlete in hulle onderskeie items.

Die volgende atlete van Laerskool Queenswood het onderskeidelik torfees ontvang vir die beste atlete in hulle onderskeie items.

  • Ilke Roux middelafstande
  • Edmund Ludick - middelafstande
  • Jan van der Merwe - gewigstoot en 800m
  • Jean-Paul Groenewaldt- 1500m
  • Marike de Wet - 1500m
  • Dewald de Klerk - verspring en naelope.

Die volgende sportsoorte word aangebied:

Q'wiet Sport