
ONS SKOOLWAPEN EN LEUSE
GLO EN OORWIN

Die twee bye op die wapen verteenwoordig arbeidsaamheid en die kruis tussen die twee bye verteenwoordig ons geloof.

ONS SKOOLLIED
Altyd nog bly dit ons strewe
Om die arbeid van die dag
Sterk en sonder hand wat bewe
Uit te voer en nooit te wag
Omdat plig en trou ons trots is
In ons werk en in ons spel
Sal ons met die oog na bo
Stry vir dit waarin ons glo.
Muskiek en woorde deur :
Mr O.A van der Stoep
ONS WAARDES
MISSIE
Laerskool Queenswood se MISSIE is om uitnemende, voortreflike en relevante opvoedende onderwys aan al sy leerders te bied.
VISSIE
Ons VISIE is om deur uitnemende opvoeding en onderwys 'n milleu te skep waarin elke kind gelukkig en ooreenkomstig sy/haar potentiaal kan ontwikkel.
DOELSTELLINGS VAN DIE SKOOL
- Die handhawing, beskerming en bevordering van waardes en geloofsvryheid van die individu;
- Onderrig deur medium in Afrikaans;
- Die handhawing van hoë onderrig- en akademiese standaarde;
- Die opvoeding van leerders tot verantwoordelike burgerskap;
- Die aanbied van verskeidenheid buitekurrikulêre aktiwiteite;
- Die identifisering en ontwikkeling van leerders se leierskapvaardighede;
- Die uitbouing en beskerming van die karakter en etos van die skool en die leuse, naamlik; "Glo en Oorwin";
- Die ontwikkeling van die volle potensiaal en vaardighede van die lede van die onderwyspersoneel op alle terreine van hulle beroep;
- Die handhawing en opbouing van 'n gesonde vennootskap tussen ouer, onderwyser en onderwysowerheid en die erkenning en aanmoediging van ouerinspraak;
- Die vestiging van 'n kommunikasiestruktuur tussen ouers en ander belanghebbendes;
- Die bevordering van 'n gesonde gesin as basis vir 'n gesonde gemeenskap;
- Die vestiging van voldoende finansële bronne ten einde doelwitte te verwesenlik.
VRIENDE VAN ONS
