





KLEIN Q'S
Laerskool Queenswood is baie trots op ons pre-primêre fase wat die skool se kweekgrond vir nuwe leerders is.
Graad R funksioneer afsonderlik van die Primêre skool.
Daar sal wel sekere aktiwiteite wees waaraan ons sal deelneem en inskakel soos byvoorbeeld die huissport, bulletjie-rugby, bokkie-netbal en mini-krieket.
Toelatingsvereiste:
- Kinders wat 4 jaar is en die betrokke jaar 5 jaar sal word;
- Kinders wat 5 jaar is en 6 jaar word in die jaar; en
- Kinders wat 7 jaar word en vrystelling het van skoolbesoek met nodige dokumente.










GRONDSLAGFASE
By ons Grondslagfase (Graad 1 - 3) is elke leerder en sy uniekheid vir ons belangrik. Leerders word in liefde ontvang en begelei. Ons strewe daarna om elke leerder te bemagtig om in ‘n gelukkige, geborge atmosfeer ‘n liefde vir leer te ontwikkel.
Vakke in Grondslagfase:
Afrikaans Huistaal
Engels Eerste addisionele taal
Wiskunde
Lewensvaardigheid (Aanvangskennis- Persoonlike en sosiale welsyn, Skeppende en Uitvoerende kuns, Liggaamlike opvoeding)










INTERMEDIêREFASE
Die Q'Wiet-personeel sien daagliks daarna uit om hul kennis en vaardighede oor te dra en toe te pas om sodoende ‘n positiewe impak te maak op die onderrig van alle q'wiet-leerders.
Vakke in Graad 4 - 6:
Afrikaans
English First Additional Language
Lewensvaardighede
Natuurwetenskap en Tegnologie
Sosiale Wetenskap
Wiskunde
Vakke in Graad 7:
Afrikaans
English First Additional Language
Sosiale Wetenskap
Skeppende Kunste
Natuurwetenskap
Lewensoriëntering
Ekonomiese Bestuurswetenskappe
Tegnologie
Wiskunde




