ALGEMEEN

"It takes a village to raise a child" - African Proverb

VAN TOEKA TOT NOU

Geskiedenis

Laerskool Queenswood open sy deure op 16 Januarie 1968 met Mnr A J Kruger as die eerste hoof en 468 leerders en 15 personeellede. Die terrein waarop ons skool gebou is het vroeër bekend gestaan as Joubertpark. Die skoolsaal is in April 1968 voltooi en die saalstoele is deur die ouers aan die skool geskenk.

Daar was destyds geen sportvelde nie en moes van Clapham High School se sportgronde gebruik maak. Daardie jaar het die ouers en kinders baie hard gewerk en die gras geplant om ons eie atletiekbaan te vestig. Die sportterrein is vernoem na Mnr A J Kruger. Die netbalbane is ook gebou en opgevul met die sand wat verkry is van die snelweg wat hulle besig was om te bou.

In 1982 kry Laerskool Queenswood ‘n nuwe hoof, Mnr J van Bruggen. Op 4 Junie 1983 word die skool se naam verander na Laerskool Volkshoop — vernoem na ‘n nywerheidsfabriek wat presies 100 jaar terug (1883) deur President Paul Kruger geopen is.

In 1997 verander die skool se naam weer terug na Laerskool Queenswood nadat ‘n meningsopname onder die ouers gedoen is.

Mnr J J de Goede het ook by ons aangesluit as die nuwe hoof. In 2003 is die prefekte groep vervang met Q’wietraad waar elke graad 7 leerder geleentheid kry om op een van 5 komitees te dien en so die skool te help en lei.

In Junie 2008 verlaat Mnr J J de Goede Laerskool Queenswood as Hoof na 13 jaar.

Die nuwe hoof van Laerskool Queenswood, Mnr Rico Ludick, is aangestel op 1 April 2009.